Johnny Depp se loopbaan in die filmbedryf het dalk groot skade gekry na die beweringe wat sy eks-vrou Amber Heard gemaak het. Maar in die parfuumwêreld is hy steeds baie gewild.
Dior, ‘n parfuummaatskappy wat Depp ten spyte van die bewerings steeds ondersteun het, verkoop glo elke drie sekondes ‘n bottel van sy Sauvage-parfuum.
John Pompliano, ‘n Twitter-gebruiker, het na aanleiding van ‘n artikel wat in Januarie vanjaar in Marie Claire gepubliseer is, presies gaan uitwerk hoeveel Dior met die verkoop van Sauvage maak.
“Hulle verkoop ‘n bottel van sy parfuum elke drie sekondes. Teen $160 per bottel maak hulle meer as $4,5 miljoen per dag,” lui Pompliano se twiet.



