Andrew Kagiso Malele het ná vyf jaar skuldig gepleit op strafbare manslag.
Malele is daarvan beskuldig dat hy die noodlottige ongeluk veroorsaak het waarin die 26-jarige Ruan Coen en die 25-jarige Jessika Kennedy dood is.
Die voorval het op 23 Desember 2017 plaasgevind.
Vervolging is begin nadat AfriForum betrokke geraak het.
Malele het met sy motor vasgery in die voertuig waarmee Coen en Kennedy gery het.
Coen se ma, Ursula Kors, het AfriForum om bystand genader.
Die organisasie se privaatvervolgingseenheid het saam met kol. Werner Eversen van Silverton SAPD se speurtak en sers. Piet Ferreira van die Sinoville-speurtak gewerk.
Met die hulp van Eversen en Ferreira kon hulle die dossier wat na bewering by die Silverton SAPD verlore gegaan het, weer saamstel.
Die pas verloofde paar was met die N4 op pad terug na Pretoria vanaf Witrivier. Malele het in die teenoorgestelde rigting gery.
Daar word gesê hy het beheer oor sy voertuig verloor en in die egpaar se motor vasgery het. Hulle is op slag dood.
Malele het ligte beserings opgedoen.
Voordat die verrigtinge begin het, het Malele vir Coen se ma om verskoning gevra vir die dood van die paar. Hy het ook om verskoning gevra vir die pyn en angs wat hy veroorsaak het.
Kors het gesê dat geregtigheid nog moet geskied.
Malele het in die Pretoriase streekhof skuld beken op die aanklagte.
Sy borgtog is verleng en die saak is tot 7 Julie 2022 uitgestel vir ‘n proefbeampteverslag sowel as ‘n slagofferimpakstudie.
Bronne: The South African, Times LIVE
Volg FiND iT hier.



