‘n Britse man het die tonge laat klap nadat hy sy lewensmaat van 10 jaar verlaat het om saam met ‘n Oekraïense vrou wat hy net ‘n paar dae geken het, in te trek.
Die vrou is toevlug aangebied deur die man en sy lewensmaat, maar het gou veel meer as net ‘n blyplek gekry.
Die storie het soos ‘n veldbrand versprei. Die Oekraïnse vrou verdedig die onverwagse verhouding met alle mag.
Tony Garnett, ‘n 29-jarige veiligheidswag en pa van twee, en sy lewensmaat van 10 jaar, Lorna, het hul huis oopgemaak vir die 22-jarige Sofiia Karkadym, ‘n boorling van Lviv, ‘n Oekraïense stad wat tans deur oorlog geteister is.
Die atmosfeer het vinnig versuur toe Lorna “baie jaloers” begin raak het op Garnett en Karkadym wat op Facebook ontmoet het voordat Garnett haar vroeër die maand by hul huis verwelkom het.
“Die atmosfeer het versleg en Sofiia het vir my gesê sy weet nie of sy onder hierdie omstandighede by ons kan bly woon nie,” het Garnett aan The Sun gesê.
Hy het verder aan die poniekoerant gesê: “Ons is jammer oor die pyn wat ons veroorsaak het, maar ek het ‘n verbintenis met Sofiia ontdek soos wat ek nog nooit gehad het nie.”
“Ons beplan die res van ons lewe saam.”
Karkadym stem saam dat Lorna vir die hele situasie te blameer is.
“Sy het hierdie situasie geskep deur voortdurend voor te stel dat iets aan die gang was terwyl dit nie was nie. Dit is dus haar skuld,” het sy gesê.
Nadat Karkadym gedreig het om te vertrek, het Garnett ook sy tasse gepak en albei het by sy ouers gaan bly.
Intussen het Karkadym die volgende te sê gehad: “Toe ek hom sien, het ek van hom gehou.”
“Dit was baie vinnig, maar dit is ons liefdesverhaal. Ek weet mense sal sleg van my dink, maar dit gebeur. Ek kon sien hoe ongelukkig Tony was.”
Lorna, aan die ander kant, is verpletter deur die vinnige wending, het ‘n goeie vriend berig.
Bronne: The South African, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Prasa-sekuriteitswag gooi glo bejaarde man uit trein



