Kate Moss getuig vandag in Depp se saak

Deel hierdie storie / Share this story

Die Britse supermodel Kate Moss (48) sal na verwagting vandag in die naamskendingsaak tussen die bekende akteur Johnny Depp (58) en Amber Heard (36) getuig.

Moss sal via videoskakel getuienis vir Depp lewer na Heard, terwyl sy onder kruisverhoor was, na ‘n insident verwys het waar Depp glo vir Moss van ‘n stel trappe afgestamp het.

Depp en Moss was in die 1990’s in ‘n verhouding.

Lees ook: Vrou sê in hof haar baba is Johnny Depp s’n

Die verhoor, wat in ‘n hof in die Amerikaanse deelstaat Virginië plaasvind, sal aan die einde van hierdie week tot ‘n einde kom.

Depp dagvaar Heard vir 50$ miljoen na sy ‘n meningstuk in die Washington Post laat publiseer het waarin sy sê dat sy ‘n slagoffer van gesinsgeweld is.