CBC-werknemers staak vir meer geld en ‘gelykheid’ in die werksplek

Deel hierdie storie / Share this story

Werkners by St Patrick’s CBC Kimberley het besluit om meer druk op hul werkgewer te plaas vir beter vergoeding en “gelykheid” in die werksplek. Die groep van 32 werknemers staak nou al sedert Maandagoggend, speel klipharde musiek in die strate rondom die skool en het selfs motorbande aan die brand gesteek.

Die polisie is Dinsdag na die skool ontbied waar bande gebrand is en ouers nie toegang tot die skool gehad het nie.

Lees ook: Tiktok-gebruiker ‘hack’ elektrisiteitsmeter vir meer eenhede

Die werknemers het Woensdag ‘n memorandum aan die skoolhoof, mnr. Craig Neave, oorhandig en hom 48 uur gegee om daarop te reageer.

In ‘n video-onderhoud met FiND iT het die werknemers gesê hulle soek gelykheid in die werksplek. Een werknemer het met ‘n bordjie gestaan waarop hy verduidelik dat hy ongelukkig is dat hy in die 21 jaar wat hy vir die skool werk, met dieselfde salaris van net meer as R7 800 oor die weg moet kom.

NUPSAW, die unie waaraan die 32 werknemers behoort, sê hulle baklei vir verhogings.

Sy sê die vorige skoolhoof het gesê hulle moet kwalifikasies hê om vir verhogings te kwalifiseer. “En nou kwalifiseer ons vir verhogings, maar hulle betaal ons nie reg nie.”

FiND iT het navraag gedoen by die skool vir kommentaar, maar die skool kon slegs bevestig dat die skoolhoof die memorandum ontvang het en hy nie dadelik kan kommentaar lewer nie.