Dogtertjie (3) met skaars genetiese mutasie gediagnoseer: Jy kan dalk help

Deel hierdie storie / Share this story

DKMS Africa doen ‘n dringende beroep op Suid-Afrikaners om te registreer om ‘n stamselskenker te word. Die driejarige Josie is ‘n liefdevolle, vasberade dogtertjie wat met ‘n skaars genetiese mutasie gediagnoseer is en het ‘n stamseloorplanting nodig.

“Toe Josie 11 maande oud was, kon sy nog nie sit of haar kop regop hou nie. Haar ma, Steph, het geweet dat daar ‘n kans is dat sy ‘n bloedsiekte kan hê, nes haar ouer sussie, Adeline.

Lees ook: Die Kontrak 2-finaliste bekendgemaak

“Klein Josie hou daarvan om speletjies te speel en kuns te maak. Sy is baie lief vir haar ouer sussie en hulle sing en dans graag saam. Sy laat nie toe dat haar diagnose haar onderkry nie en groet almal met ‘n groot glimlag!”

As jy tussen die ouderdom van 18 en 55 is, oorweeg dit om te registreer om ‘n skenker te word en jy kan dalk iemand se lewe red.

Klik hier.