Chris Brown wens glo eks-meisie Rihanna geluk met die geboorte van haar kind

Deel hierdie storie / Share this story

Dit lyk asof Chris Brown vir Rihanna gelukgewens het met die geboorte van haar kind.

Rihanna, wat tussen 2007 en 2009 ‘n onstuimige verhouding met die R&B-sanger Chris (33) gehad het, het glo op 13 Mei haar eersteling by A$AP Rocky in Los Angeles verwelkom.

Haar eks-kêrel het blykbaar sy goeie wense gestuur net ure nadat die nuus die volgende Donderdag bekend gemaak is.

Hy het op Instagram geskryf: “Baie geluk!” en het die Stories-plasing versier met emoji’s van ‘n swanger vrou, ‘n hart en ‘n paar hande wat in gebed gevou is.

Die sangeres met treffers soos We found love, Diamond en Umbrella het Chris in 2005 ontmoet toe hulle net die musiekbedryf betree het. Daarna het ‘n verhouding tussen hulle ontwikkel wat in 2009 skielik tot stilstand gekom het toe ‘n argument op pad na die Grammy-toekennings daartoe gelei het dat Rihanna ‘n slagoffer van fisieke geweld in die hande van Chris geword het. Hulle het later weer opgemaak, maar in 2013 die verhouding finaal verbreek.

Rihanna het in Januarie aangekondig dat sy en Rocky ‘n baba verwag.

Donderdag het ‘n bron aan TMZ gesê: “Rihanna en A$AP Rocky is amptelik ouers en verwelkom ‘n babaseuntjie in die wêreld.”

Daar is nog geen nuus oor die naam van die baba nie.

Bronne: MSN, Entertainment Tonight

Volg FiND iT hier.

Lees ook: JK Rowling in nog ‘n trans-geveg betrokke