Skaars soort pokke versprei, kenners waarsku

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Handjievol gevalle van ‘n skaars soort pokke, aappokke (monkey pox) is nou in Engeland, Portugal en Spanje gerapporteer.

Dié gevalle is ‘n rede vir kommer, omdat die siekte meestal in Wes- en Sentraal-Afrika voorkom en baie min na ander plekke versprei.

Wat wetenskaplikes en kenners sover weet:

Aappokke word veroorsaak deur ‘n virus wat lei tot koorssimptome en ‘n knopperige uitslag. Dis gewoonlik nie ernstig nie, alhoewel daar twee tipes stamme is: die Kongo-stam, wat ernstiger is en
‘n 10% sterftesyfer het, en die Wes-Afrika-stam, met ‘n sterftesyfer van 1%.

“In die verlede was daar baie min gevalle wat versprei het. Dit het nog net agt keer voor vanjaar gebeur,” sê Jimmy Whitworth, professor van internasionale gesondheid by die Londen School of Hygiene and Tropical Medicine.

Portugal het vyf gevalle gerapporteer en Spanje is besig om 23 moontlike gevalle te ondersoek.

Die virus versprei deur nabye kontak, beide in mense en diere. Die virus is in 1958 die eerste keer in ape ontdek.

Die verspreiding van die virus is vir kenners ‘n groot kommer, want ‘n sekere hoeveelheid van die gerapporteerde gevalle in Engeland het geen verbintenis tot mekaar nie.

Kenners waarsku teen verspreiding as gevalle nie gerapporteer word nie. Lees meer hier.