Een van ‘n saamgroeiende tweeling (vroeër na verwys as ‘n Siamese tweeling) uit die oorloggeteisterde Jemen is dood ná ’n “ingewikkelde” operasie van 15 uur om hulle te skei, het Saoedi-staatsmedia Maandag berig.
Die 19 maande oue babaseuntjies, Yussef en Yassin, was “in verskeie organe verbind”, en sowat 24 dokters was by die operasie betrokke, het die amptelike Saoedi-persagentskap (SPA) gesê.
Die SPA het Maandagoggend die prosedure as ‘n sukses beskou, maar ‘n opvolgverslag Maandagaand het aan die lig gebring dat een van die tweeling gesterf het “as gevolg van ‘n ernstige daling in bloedsirkulasie en hartversaking, ondanks die volle mediese sorg wat aan hom verskaf is.”
Dokters het “groot probleme en uitdagings in die gesig gestaar tydens die skeidingsproses, wat die oorledene se toestand kritiek gemaak het ná die operasie”, lui die verslag, en bygevoeg dat die oorlewende seuntjie in ‘n stabiele toestand was.
Dit het nie gespesifiseer watter baba bly leef het en watter een gesterf het nie.
Bronne: New Age, MSN
Volg FiND iT hier.



