Creecy verdedig SA-stormvoorspellings

Deel hierdie storie / Share this story

Barbara Creecy, minister van omgewingsake, sê die SA Weerdiens het in die dae voor die verwoestende vloede in KwaZulu-Natal waarskuwings uitgereik.

Die minister het die SAWD verdedig na aanleiding van berigte dat weerstasies agteruitgaan weens ‘n gebrek aan finansiering.

Creecy sê R100 miljoen is oor drie jaar aan die weerdiens toegeken om infrastruktuur op te gradeer.

“Daar is nuwe tegnologie beskikbaar wat erge storms kan voorspel en ons sal ons radartegnologie wil opgradeer om toegang daartoe te hê, sodat ons meer akkuraat kan wees om die geografiese ligging aan te dui waar deur hierdie gebeure geteiken word,” het sy gesê.

“Ons is ook besig met areas waar daar vandalisme van ons toerusting plaasgevind het. Ons is besig om dit van die kant van die pad af, na polisiestasies en skoolpersele in te skuif sodat dit veilig is teen vandalisme.”

Bronne: VN Explorer, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Swaar reënval vir KwaZulu-Natal verwag