Swaar reënval vir KwaZulu-Natal verwag

Deel hierdie storie / Share this story

Swaar reënval van meer as 20 mm word vir die naweek vir KwaZulu-Natal verwag.

Dit volg terwyl die provinsie nog besig is om te herstel van die vernietigende vloede verlede maand.

In April het swaar reënbuie in dele van KZN ‘n spoor van vernietiging agtergelaat. Kritieke infrastruktuur is vernietig en duisende huise weggespoel.

Meer as 440 mense het hul lewens in die vloede verloor, terwyl ander steeds vermis word.

Volgens die SA Weerdienste word donderstorms, gekombineer met sterk rukwinde teen Vrydagmiddag oor die sentrale binneland verwag.

Dit sal in die aand na Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal en teen Saterdag na dele van Limpopo versprei.

“Waarskuwings in hierdie verband sal uitgereik word indien nodig. As gevolg van die reeds bestaande toestand van waterversadigde gronde in dele van KwaZulu-Natal, sal reënval van meer as 20 mm waarskynlik tot gelokaliseerde oorstromings lei.”

Bronne: News24, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Paartjie steek hulself aan die brand tydens huwelikseremonie