Die 17-jarige Jonathan Barnard “voel soos ‘n koning” vandat hy by die Mediclinic in Bloemfontein opgeneem is.
Barnard het sy femur gebreek tydens ‘n rugbywedstryd tussen sy skool, Hoërskool Fichardtpark, en Hoërskool Sentraal in Bloemfontein.
In ‘n vorige onderhoud het FiND iT berig van die spelers het bo-op hom geval.
Hy sal vandag die nodige operasie ondergaan. Hy was aanvanklik in Pelonomi-hospitaal opgeneem en was op ‘n waglys geplaas om ‘n dringende operasie te kry, tot ‘n anonieme persoon aangebied het om sy hospitaalkoste te dek.



