Kby-vrou voor haar negejarige seun vermoor

Gemeenskapslede in Kimberley het sedert Sondag na dié verdagte gesoek na hy glo van die moordtoneel gevlug het.

Die man wat die 28-jarige Danelle van der Linde glo voor haar 9-jarige seun vermoor het, het homself aan die polisie oorhandig.

Gemeenskapslede in Kimberley het sedert Sondag na dié verdagte gesoek na hy glo van die moordtoneel gevlug het.

Sers. Dikeledi Gopane, polisiewoordvoerder, sê die polisie in Kimberley ondersoek ‘n saak van moord na ‘n vrou glo deur haar kêrel in haar nek en haar rug gesteek is.

Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

Bianca Wilkinson het by navraag gesê sy sal ‘n tyd en ‘n plek reël vir die media om vrae te vra sodat sy dit kan beantwoord.

Van der Linde se begrafnisdiens vind Saterdag plaas.

Leave a Reply

Your email address will not be published.