Die 8-jarige Reece Prinsloo het besluit om te doen wat hy kan om slagoffers van die KwaZulu-Natal-vloede te help. Sy projek, Jars of Hope, het begin toe hy sy ma gevra het of hy op dié manier die slagoffers kan help.
Hy het sy klas by sy skool, Highbury Prep, uitgedaag om ook deel te wees van die projek en het onlangs 16 houers aan Project Hope SA oorhandig.
“Die houers sal ongeveer 16 kinders met ‘n voedsame middagete vul,” skryf Project Hope SA.
Die glashouers bevat een geurblokkie, ‘n 50g-soppakkie, ‘n halwe koppie lensies, ‘n halwe koppie sopmegsel en ‘n koppie rys.
Project Hope het ook ander skole uitgedaag om met die projek te begin.
“Reece, jy is ons superster. Behou altyd jou ongelooflike lus vir die lewe en moet nooit dink dat jou ‘klein’ bydrae nie saakmaak nie. Ons is so trots op jou!”



