‘n Israeliese vrou is Sondag deur Israel polisie aangehou omdat sy gedreig het om ‘n terreuraanval te pleeg nadat sy toegang tot ‘n hospitaal in Acre geweier is.
Die vrou, ‘n inwoner van die Noord-Israeliese dorp Shlomi, het beweer sy het ‘n ploftoestel gedra en gedreig om ‘n aanval op die Mazor- psigiatriese hospitaal te loods nadat sy nie toegelaat is om die fasiliteit binne te gaan nie.
Polisiebeamptes het vinnig op die berigte gereageer.
Met die polisie se aankoms op die toneel is gevind dat die vrou valslik beweer het dat sy ‘n ploftoestel by haar het.
Die Shlomi-inwoner is toe na die Acre-polisiekantoor vir ondervraging geneem.
Die vrou se vals dreigement kom te midde van ‘n vlaag terrorisme in Israel waartydens 19 mense, beide Israeli’s en inwoners van Israel, dood is in verskeie terreuraanvalle wat regoor die land voorgekom het.
Eerste minister Naftali Bennett het Sondag herhaal dat die IDF-operasie Break the Wave, wat Palestynse terroriste teiken, sal voortgesit word.
Bronne: One News Page, MSN
Volg FiND iT hier.
Lees ook: 35 haweloos na vernietiging van residensiële gebou



