Man se liggaam hang aan treinrelings na hy glo kabels probeer steel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man, wie nou geïdentifiseer is as die 24-jarige Lungisani Sithole, se liggaam het aan die treinrelings naby die uMngeni-treinstasie in Durban gehang na hy deur 3000V-elektrisiteit doodgeskok is.

In ‘n twiet deur @EversonLuhanga (Beast of News) op Twitter beweer hy Sithole het probeer om van die koperkabels te steel toe hy doodgeskok het.

Sipho Simelane, ‘n openbare figuur en ‘n skrywer, vra nou of sy dood is as gevolg van werkloosheid, hongerte of bloot kriminele optrede.