Update: Watersituasie in Kimberley

Die Sol Plaatje-munisipaliteit het vandag laat weet dat die wateronderbreking in Kimberley Donderdagaand begin het. Die onderbreking sal na verwagting tot Sondag duur.

Die reservoirs is afgeskakel en die dreinering van die reservoirs is onmiddellik begin.

Vyf plekke is volledig gedreineer en die herstelwerk het ook begin, sê Thoko Riet, woordvoerder vir die munisipaliteit.

Geen probleme is tot dusver aangemeld nie en Riet sê die reëlings om Jojo-tenks en watertenks op verskillende plekke in verskeie areas in Kimberley beskikbaar te stel, is steeds in plek.

Riet sê die munisipaliteit sal inwoners op hoogte hou.

Leave a Reply

Your email address will not be published.