ER24 red dassie uit motor se enjin

In ‘n kort rukkie is die dassie in ‘n net gevang en aan die DBV oorhandig om in die veld losgelaat te word.

ER24 het Donderdag ‘n dassie uit ‘n motor van ‘n verpleegster by die Life Fourways-hospitaal in Sandton gered.

Die nooddienste sê hy het Donderdag die oproep ontvang oor dié dassie wat dit reggekry het om in die verpleegster se motor se enjin in te klim.

ER24, Life Healthcare en die DBV het hard gewerk om die dassie uiteindelik uit die enjin te kry. In ‘n kort rukkie is die dassie in ‘n net gevang en aan die DBV oorhandig om in die veld losgelaat te word.

“Dankie aan Life Healthcare, ER24 en die DBV en almal wat bygestaan het om die dassie te red, vir hulle harde werk en toewyding,” sê ER24.

Leave a Reply

Your email address will not be published.