Verinneweerde skoene van Balenciaga nou ‘in die mode’

Baie wonder wat presies Balenciaga met die nuwe skoene wil bereik.

Balenciaga se "nuwe" tekkies. (Foto: Sportskeeda)

Balenciaga se "nuwe" tekkies. (Foto: Sportskeeda)

Die Franse modehuis Balenciaga se verinneweerde skoene, vol vlekke, skeure en stukkende veters, kan nou vir ‘n allemintige R30 000 gekoop word.

Lees ook: Klein Liané Roux word te ruste gelê

Volgens Balenciaga sal daar slegs 100 pare van die stukkende weergawe van hulle Paris Sneakers gemaak word.

Die skoene lyk asof dit met modder besmeer is, deur ‘n wilde dier verskeur is en iemand met permanente ink daarop gekrap het. Die “minder verinneweerde” weergawe van die skoene sal teen ‘n laer prys te koop wees.

Sosialemedia-gebruikers laat nie op hulle wag nie en kritiseer die skoene op verskeie maniere.

Baie wonder wat presies Balenciaga met die nuwe skoene wil bereik.

Leave a Reply

Your email address will not be published.