Diamantveld Hoërskool en die Hoërskool Noord-Kaap pak mekaar hierdie Vrydag en Saterdag op die hokkie- en rugbyveld, asook die netbalbane.
Klik hier vir die program vir die naweek.

JP speel al van gr. 1 af rugby. “Ek sien baie uit na die naweek se titaniese stryd. Al ons voorbereiding is in plek en die gees is reg, so ons is gereed!
“Ek sien uit om die naweek vir Hoërskool Noord-Kaap op die veld te ontmoet en vir my span wil ek sê sterkte en speel julle harte uit. Ons het die afgelope twee jaar besef waarop ons uitgemis het en watter voorreg dit is om aan sport deel te neem.”

Bokang speel al 10 jaar lank rugby. “Ek is baie opgewonde oor die Clashes. Ons het genoeg voorberei
en ek dink my span is gereed. Vir die manne in die wit en groen, wil ek net sê om alles te gee en te glo in mekaar, ook in ons afrigters.
“Vir Diamantveld se kaptein wil ek baie sterkte toewens vir hierdie naweek se groot Clash. Mag dit een vir die boeke wees! Ek is baie opgewonde, want in die tyd waar ons nie aan sport kon deelneem nie, was dit moeilik om myself werklik uit te leef.”



