FNB Classic Clashes: 0.19 A dogtershokkie-kapteine

Deel hierdie storie / Share this story

Diamantveld Hoërskool en die Hoërskool Noord-Kaap pak mekaar hierdie Vrydag en Saterdag op die hokkie- en rugbyveld, asook die netbalbane. Klik hier vir die program vir die naweek. 

Kimlyn Bartlett, kaptein van die 0.19 hokkiespan van HNK

Kimlyn has been playing hockey for nine years. “I’m excited for the challenge but somewhat emotional in realizing that it’s my last clashes. “Looking at all the hard work, dedication and perseverance the team has put into this season so far, I believe we are more than ready to put up a good fight for clashes. 

“Ladies, this is moment where all our hard work will pay off, this is the moment we’ve been waiting for. Always remember it is what we make out of what we have, not what we are given that separates one another. It’s been an honor to captain this team. I couldn’t have been prouder of all you girls. Just remember to enjoy yourself. “It’s good to be back with all the spectators that’s now allowed as they spur us on.

“I want wish all Northern Cape High teams all the best for clashes. Proud to be green!”

Nadine Venter, kaptein vir die dogtershokkie 0.19 A-span

Nadine speel al hokkie vanaf gr. 3 en vanaf gr. 8 vir Diamantveld se eerste span. “Ons het baie hard gewerk en ons wag nou al ‘n hele rukkie, so ons gaan meer as alles op daai hokkie veld los. Ek kan met sekerheid sê my span is gereed.

“Ek wil net vir my girls sê dat ons hét die, dié is ons jungle, ons huis en Noord Kaap gaan nie in ons huis binnekom nie. Saam met ons Coach, Coach Steve en ons Manager, Juffrou Ramona, gaan ons die sterre bereik en vir Noord-Kaap wen op pad soontoe.”

Vir HNK wil sy sê sterkte, geniet dit. “Gee julle bes, want ons gaan beslis.”

Die twee jaar wat sy nie kon hokkie speel tydens Covid-19 nie, het gemaak dat sy met meer passie en liefde as voorheen die sport geniet. “Al daai vuur van twee jaar se hokkie wat ons gemis het, gaan ons hierdie jaar uitblaas. Bewaar die span wat in ons pad staan!”