Amber Heard sal glo nou net vir 10 minute in die fliek Aquaman 2 verskyn na ‘n petisie om haar uit die rolprent te verwyder, al meer as twee miljoen keer geteken is.
Amber Heard en Johnny Depp se naamskendingsaak sal op 16 Mei in die hof in Chicago voortgaan. Heard het Depp daarvan beskuldig dat hy haar fisies en seksueel mishandel het, en hy ontken al die beskuldigings. Hy sê dis eerder sy wat hom mishandel het.
Baie van Depp se aanhangers ondersteun hom openlik op sosiale media en so is ‘n petisie om Heard van die film te verwyder, op Change.org begin.
Die petisie het meer as twee miljoen handtekeninge en Grace Randoph, ‘n filmjoernalis, het in ‘n twiet gesê Heard sal nou vir slegs 10 minute in Aquaman 2 verskyn.
Daar is egter nog geen bevestiging dat daar waarheid in die twiet steek nie.



