Die 13-jarige Nadine van Wyk is Sondag 8 Mei ongedeerd gevind.
Lt.-kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, het pas aan FiND iT bevestig Van Wyk is in Kimberley gevind.
Maatskaplike werkers is ingelig en is tans besig met die nodige ondersoeke.
Die stasiebevelvoerder van die Galeshewe-polisie, brig. Belinda Rikhotso, het die publiek bedank vir hul ondersteuning en bystand om die tienermeisie op te spoor.



