Die polisie ondersoek nou ‘n saak na die liggaam van ‘n man in een van die treinkompartemente op Postmasburg gevind is.
Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder, sê die polisie het omstreeks 16:00 Vrydagmiddag ‘n oproep ontvang oor die liggaam. “Toe die lede op die toneel aankom, het hulle ‘n onbekende man tussen die ouderdom van 40 en 50 jaar oud se liggaam in een van die kompartemente gekry,” sê Gamieldien.
Volgens die treinbestuurder het die trein om 15:20 op Postmasburg arriveer van Newcastle af en het op verskeie stasies gestop op pad na Postmasburg.
Die oorledene het volgens Gamieldien ‘n wit Elles-T-hemp aangehad, ligteblou denimbroek, ‘n blou beld, rooi skoene en kleurvolle kouse.
Die polisie doen ‘n beroep op die gemeenskap om met enige inligting na vore te kom in verband met die voorval. Kontak die polisie by 076 861 2253.
Ontvang daagliks gratis, deurdagte, feitelike nuus! FiND iT het ’n miljoen lesers. Julle lees elke maand meer as 1 miljoen keer ons artikels. Om dit vol te hou en gratis te hou, steun FiND iT op advertensie-inkomste en ondersteuners.
As jy ’n ondersteuner van FiND iT wil word deur ’n maandelikse of eenmalige bydrae, stuur ’n e-pos aan [email protected].
FiND iT is ’n onafhanklike maatskappy, onder die vaandel van Dottry Media (Pty) Ltd. en word privaat befonds.
FiND iT beskik oor sy eie interne ombudsman, Johan Retief, wat die voormalige ombud van Suid-Afrika is. Dus is jy verseker van gehalte nuus, heeldag lank, gratis.



