Korslose appeltert

Deel hierdie storie / Share this story

Jy sal nie spyt wees as jy hiérdie resep vir heerlike korslose appeltert van Bak & Brou probeer nie!

Bestanddele:

1 k bruismeel

2 eiers

knippie sout

1 blik tertappels (normale grootte)

1 k suiker

2 e gesmelte botter

1 koppie melk

Sous

1 klein blik Ideal Milk

1 t vanieljegeursel

1 k suiker

Metode:

Meng suiker, eiers, botter, sout en melk saam.

Sif meel en meng bietjie-bietjie saam in suikermengsel.

Gooi mengsel in bak en skep appels oor mengsel.

Bak in oond 180°C vir een uur. (Na ‘n halfuur kan die oondtemperatuur na 150°C verlaag word om te voorkom dat die tert te donker word.)

Metode (sous)

Gooi alles saam in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor tert sodra tert uit die oond kom.

Die beslag is genoeg vir ‘n normale ronde tertbak. Indien ‘n kleinerige vierkantige bak (± 20cm x 15cm) gebruik word, moet resep dubbeld aangemaak word. – Bak & Brou