Soos wat die lastersaak tussen Johnny Depp en Amber Heard in die hof in Chicago ontvou, het ‘n kuberkraker (hacker) besluit om die geveg verder te neem. Amber Heard se naam op IMDb is na “Amber Turd” verander.
Die aktrise het Doderdag haar getuienis in die naamskendingsaak teen haar voortgesit.
Sy het met tye baie emosioneel geraak en in ‘n stadium selfs gevra om te stop terwyl sy die beweerde mishandeling deur haar eks-man, Depp, beskryf het.
Baie sosialemedia-gebruikers maak dit duidelik dat hulle nie veel van Heard hou nie en die voorval waartydens Depp beweer dat Heard op sy bed ontlas het, maak wyd opslae.
Baie gebruikers verwys na die aktrise as Amber Turd en een kuberkraker het dit verder geneem…



