Vrou wat gate in kondoom steek om swanger te raak, kry tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou wat skelm gaatjies in haar vriend se kondome gemaak het in die hoop dat sy sou swanger raak, is nou tronkstraf opgelê.

Die 39-jarige vrou van Duitsland is skuldig bevind aan seksuele mishandeling na die voorval met haar 42-jarige “vriend met voordele”.

Die twee was glo in ‘n oop verhouding en het mekaar sedert die begin van 2021 gereeld gesien. Die streekshof in Bielefeld het nou bevind die vrou het dieper gevoelens vir die man ontwikkel.

Alhoewel die vrou nie swanger geraak het nie, het sy glo ‘n WhatsApp-boodskap aan die man gestuur waarin sy erken het dat sy hulle kondome “saboteer”.

Die man het toe ‘n klag teen haar gelê. Sy het ses maande tronkstraf gekry. – Independent