Liggame van twee seuns in brandende huis in Kaapstad gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggame van twee seuns wat in ‘n brandende huis in Kaapstad vasgekeer was, is kort na middernag gevind.

Jermaine Carelse, woordvoerder van Stad Kaapstad se brandweer- en reddingsdienste, sê hulle het kort voor middernag die oproep ontvang oor ‘n brandende huis in Bishop Lavis in Kaapstad.

“Toe noodspanne van Belhar en Epping op die toneel in Arthur Abrahamstraat kom, is hulle ingelig dat twee mense in die huis is,” sê hy.

Soos die spanne voortgegaan het, het hulle op die twee seuns se liggame afgekom.

Die brand is binne 40 minute geblus en die saak is aan die polisie oorhandig. – MSN