Die NDBV vier nog ‘n baanbrekersvonnis na ‘n man wat ‘n hond verkrag het agt jaar tronkstraf opgelê is.
M Mofokeng is op 28 April vanjaar skuldig bevind aan bestialiteit na hy sy bure se hond, Moana, verkrag het.
Die NDBV het hom ná die voorval van bestialiteit aangekla.
Die NDBV sê die getuie was nie beskikbaar nie en die NDBV se veearts-konsultant dr. Marock en inspekteur Shiven Bodasing moes alleen die saak hanteer.
Die agt jaar wat die beskuldigde opgelê is, is die grootste vonnis wat nóg vir ‘n dieremishandelaar opgelê is.
Moana het intussen ten volle herstel in die sorg van die NDBV en is gesteriliseer, ingeënt, het ‘n mikroskyfie ontvang en is ontwurm, sê die NDBV.



