‘Toddlers & Tiaras’-ster: Selfdood op 16

Deel hierdie storie / Share this story

Die 16-jarige Kailia Posey, wat bekend was vir haar rol in die realiteitsreeks Toddlers & Tiaras, het haar eie lewe geneem.

Die TLC-reeks wat van 2009 tot 2013 op die lug was, het gegaan oor ouers wat hulle kinders van kleintyd af voorberei om aan skoonheidskompetisies deel te neem.

Posey se glimlaggende gesiggie in een van die episodes het oor die jare ‘n bekende GIF geword.

Haar ouers het in ‘n verklaring aan TMZ gesê die tiener het haar eie lewe geneem slegs dae na sy haar skool se matriekafskeid bygewoon het.

“Alhoewel sy baie bereik het en ‘n blink toekoms voor haar gehad het, het sy in ‘n oorhaastige oomblik besluit om haar lewe te neem.”

As jy of iemand wat jy ken met selfdoodgedagtes sukkel, kontak die selfdoodhulplyn by 0800 567 567.