Rusland het bespiegelings dat hulle in die komende dae algehele oorlog in Oekraïne gaan verklaar as onsin afgemaak.
Moskou het tot dusver ontken dat hulle in ‘n oorlog met Oekraïne gewikkel is, maar verwys eerder na die inval as ‘n “spesiale militêre operasie”.
Westerse amptenare het bespiegel dat president Vladimir Poetin die 9 de Mei Victory Parade kan gebruik om ‘n eskalasie van militêre optrede aan te kondig.
Dmitri Peskov, woordvoerder van die Kremlin, het egter gesê daar steek geen waarheid in die gerugte nie.
Bronne: BBC, FBC News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Dissiplinêre stappe geneem teen roekelose rugby-ouer



