‘n 37-jarige man in die luukse dorpie Kenton-On-Sea is vermoedelik verlede naweek deur twee Rottweilers doodgebyt. Die honde behoort aan die Ndlambe-munisipaliteit se burgemeester, Khululwa Ncamiso.
Net ‘n paar dae gelede is verneem die burgemeester en haar huishouding het die honde oornag gelos terwyl hulle ‘n reis uit die dorp onderneem het.
Plaaslike verslae beweer die honde het losgebreek en in die strate begin rondloop.
Khayalethu Bulo, wat in die omgewing van Northwoodstraat was toe die honde hom aangeval het, het beserings opgedoen wat hom sy lewe gekos het.
Die wreedheid van die aanval het nie die polisie ontgaan nie. Alhoewel hulle ‘n ondersoek na die aangeleentheid doen, word verneem dat daar steeds strafregtelike klagtes teen Khululwa Ncamiso gebring gaan word.
Albei honde is nou by die DBV, en die deurlopende ondersoek sal vasstel hoe presies hierdie Rottweilers uit hul erf gekom het en op straat kon wees.
It is so tragic to say the dogs of Ndlambe Municipality Mayor have ravaged and killed one of our community members whom they met attacked and torn to death about 2 km away from their home in the earliest hours of yesterday morning. Those are of the Rottweiler hybrids
— Tuli (@TulzTulz87) May 1, 2022
@eNCA we need you at Kenton-on-Sea the dogs of The Mayor of Ndlambe Municipality has ravaged and killed the member in our Community they are Rottweiler. She breeds them
— Tuli (@TulzTulz87) May 1, 2022
Bronne: MSN, The World News
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Vlak 10-weerwaarskuwing vir Vrydag uitgereik vir Noord- en Wes-Kaap



