Pizza-afleweraar dagvaar vriende oor weiering om Lotto-geld te deel

Deel hierdie storie / Share this story

’n Pizza-afleweraar dagvaar nou 16 van sy vriende nadat hulle die Lotto gewen het en geweier het om hul wengeld met hom te deel.

Luidens berigte het die groep byna R16 miljoen gewen en dit onder mekaar verdeel, maar geweier om vir hom ’n aandeel te gee omdat hy nie bygedra het om die wenkaartjie te koop nie.

Philip Tsotsos van Ontario, Kanada, eis nou omtrent R1 miljoen van die wengeld omdat hulle “sy drome gesteel het”.

Tsotsos het op sosiale media uitgevind dat sy vriende gewen het na hulle foto’s gedeel het.

“Hoekom sou hulle nie vir my sê hulle het gewen nie? Hierdie ouens is vir my soos familie. Hulle drome het waar geword. Hoekom moet hulle myne steel?” het hy gekla.

Sy vriende het regsverteenwoordiging gekry en is seker hy sal verloor omdat hy nie geregtig is op die geld nie.

Bronne: MSN, Affluencer

Volg FiND iT hier.