Die gewilde realiteit-TV-ster Kim Kardashian het die koppe behoorlik laat draai toe sy by vanjaar se Met Gala-geleentheid opgedaag het met ‘n rok wat Marilyn Monroe in 1962 gedra het.
Marilyn Monroe het die rok in Mei 1962 gedra toe sy vir pres. John Kennedy op sy 45ste verjaardag gesing het.
Kim het ook glo in 14 ure haar hare blond gekleur om by die styfpassende sjampanje-kleur rok te pas. Haar juwele was diamante.
Sy sê sy het die idee gekry om die rok te dra na verlede jaar se Met Gala. Dink jy Kim het dit reggekry om die rok te laat werk?


Foto’s: Newsweek, In Style, The Guardian
Bron: In Style



