Hillary Gardee is geskiet en gedwing om R1 300 te onttrek

Deel hierdie storie / Share this story

Sinawo Thambo, EFF-woordvoerder, het gesê dit is kommerwekkend dat toe die polisie Hillary Gardee se liggaam van die misdaadtoneel verwyder het hulle nie opgelet het dat sy geskiet is nie.

Die 28-jarige dogter van die EFF se hoof van internasionale betrekkinge, Godrich Gardee, is op 29 April in Nelspruit as vermis aangemeld en haar lyk is op 3 Mei deur plaaswerkers in Nelspruit gevind.

Die EFF het die Gardee-familie Woensdag besoek. Sinawo Thambo, woordvoerder van die EFF en Gardee-familie, het ná hul besoek aan die media gesê dit is kommerwekkend dat die polisie heeltemal gemis het dat sy geskiet is.

“Hulle het die liggaam van die misdaadtoneel geskuif sonder om op te tel dat ‘n koeël haar kop ingedring het. Dit is onbevoegdheid wat daartoe lei dat vigilantegroepe in gemeenskappe gevorm word. Hoe mis jy so iets?” vra Thambo.

Thambo het gesê dit is bevestig dat daar transaksies vanaf Gardee se bankrekeninge tussen 3 – 4 uur vanaf die tyd dat sy ontvoer is, was. Sy het glo geld via Cash Send en e-beursies aan haarself gestuur.

“Met die onthulling dat daar ‘n koeël was, vermoed ons ook dat dit ‘n afwyking kan wees om dit as ‘n algemene kriminele daad te probeer tipeer. Ons kyk met agterdog na alles. Ons wil nie die gebied van spekulasie betree nie, maar ‘n mens kan nie iemand in die kop skiet vir ‘n transaksie van R1 300 nie, die risiko is te hoog. Dit laat ons nie glo dat dit ‘n algemene kriminele daad is om kleingeld te steel waar jy lewenslange tronkstraf kan waag, om ‘n bedrag geld te steel wat nie die moeite werd is nie. As jy ’n geweer en ammunisie kan bekostig, het jy nie soveel geld nodig om ’n misdaad te pleeg nie.”

Bronne: MSN, News24

Volg FiND iT hier.

Lees ook: ‘Mamma baklei’ – Hillary Gardee-saak word as moord ondersoek