“Mamma baklei.” Dit is die verklaring wat na bewering deur Hillary Gardee se driejarige dogter aan familielede gemaak is nadat sy Vrydag ontvoer is, het Sibongile Makushe, burgemeester van Mbombela, Dinsdag aan Sowetan LIVE gesê.
Makushe, ’n hegte familievriend, het gesê sy het die naweek die Gardee-gesin besoek nadat sy van die ontvoering uitgevind het.
Gardee se lewelose, bebloede liggaam is Dinsdag buite Mbombela in Mpumalanga gevind nadat sy op 29 April vermis geraak het.
Gardee is laas gesien toe sy by ‘n plaza in Mbombela gaan inkopies doen en haar vermeende moordenaar later haar dogter naby waar Gardee woon, afgelaai het. Haar bebloede lyk is gevind deur houtplantasiewerkers sowat 500 m van die R532 wat Mbombela en Sabie verbind.
Gardee is die dogter van die voormalige EFF-sekretaris-generaal en prokureur Godrich Gardee.
Minister Bheki Cele, wat Dinsdagaand die Gardee-familie se huis besoek het, het gesê hy het sy span ondersoekers minder as 72 uur gegee om leidrade te vind wat kan lei tot die arrestasie van die oortreders.
Gardee se familielede, insluitend haar broer en adjunk-minister van onderwys, Regina Mhaule, is gesien op die plek waar haar lyk ontdek is.
Hulle was met ‘n graaf gewapen en het by die media gepleit om nie foto’s van hulle te neem nie, aangesien hulle op die punt was om ‘n ritueel uit te voer om Gardee “se gees te versamel”.
Die proses het sowat vyf minute geduur. Hulle is toe gesien van die bebloede grond met die graaf skep en dit in ‘n plastieksak sit voordat hulle vertrek het.
Bronne: ENCA, Sowetan LIVE
Volg FiND iT hier.
Lees ook: Liggaam van vermiste Hillary Gardee buite Nelspruit gevind



