Die polisie het ‘n groot deurbraak gemaak in die saak van die 3-jarige Madeleine McCann se verdwyning.
Haar familie het in Portugal gaan vakansie hou toe sy uit haar bed in die oord verdwyn het.
Die Duitse staatsaanklaer, Hans Christian Wolters, het nou nog inligting bekendgemaak.
Die 45-jarige pedofiel Christian Brueckner het Maddie glo in 2007 ontvoer en vermoor. Hans sê ook daar is nuwe bewyse dat hy vir Maddie se verdwyning verantwoordelik was.
In ‘n onderhoud met ‘n Portugese TV-kanaal het Wolters Dinsdag gesê speurders het glo “nuwe feite, nuwe bewyse” gevind. Hy het bygevoeg “Ons is seker dat hy (Brueckner) Madeleine McCann se moordenaar is.”
Hy wou nie verder uitbrei oor wat die bewyse is nie, maar The Sun spekuleer in ‘n berig dat stukkies van Madeleine se nagrokkie wat sy die aand van haar verdwyning aangehad het, in Brueckner se voertuig gevind is.
“Maak nie saak wat gebeur nie, Madeleine sal altyd ons dogter wees en ‘n regte misdaad is gepleeg,” het Madeleine se ouers Dinsdag in ‘n verklaring gesê.



