Raadslid en sekretaris in koeëlreën in oprit doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Raadslid en sy sekretaris is Maandag in ‘n koeëlreën in KwaNobuhle dood, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“Volgens die berig het die 45-jarige raadslid saam met die 41-jarige manlike sekretaris uit sy huis gekom en is op pad na hul voertuig deur ‘n Quantum-minibus genader. Verdagtes het verskeie skote uit die minibus begin afvuur en hulle sodoende op die toneel gedood,” het brigadier Tembinkosi Kinana, woordvoerder, gesê.

“Die Quantum-voertuig het ná die voorval weggejaag. Hoeveel verdagtes in die Quantum was, is nie in hierdie stadium bekend nie.”

Kinana het gesê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek. Moordsake is geregistreer en geen arrestasies is nog gemaak nie.

Bronne: IOL, VN Explorer

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Limpopo-boer skiet glo paartjie na hy hulle ‘met seekoeie verwar’