Limpopo-boer skiet glo paartjie na hy hulle ‘met seekoeie verwar’

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Boer (77) is gearresteer vir poging tot moord na ‘n hy op ‘n paartjie wat visgevang het, geskiet het op 26 April 2022 in Limpopo.

Die boer het glo ‘n paar skote na die paartjie gevuur. Die vrou is raakgeskiet terwyl die man kon wegkruip. Hy het glo dadelik die polise en nooddienste laat weet wat gebeur het.

Limpopo-polisiewoordvoerder, lt.-kol Maphaswa Seabi, sê die vrou is in die hospitaal opgeneem vir behandeling en die polisieondersoek is nou aan die gang.

“Die verdagte het beweer dat hy op die diere (seekoei) geskiet het. Die polisie het tydens die arrestasie beslag gelê op twee gewere, een rewolwer, een pistool en twee windbuks. Die polisie het sake van poging tot moord geopen.”

Die verdagte gaan 28 April 2022 in die magistraatshof verskyn.

Bronne: Flipboard, MSN

Volg FiND iT hier.

Lees ook: Johnny Depp word ondervra in saak teen eksvrou Amber Heard