Die Valke ondersoek tans beweerde bedrog en korrupsie in die Mangaung-metro in Bloemfontein.
Dit volg nadat buitensporige oortydbetalings glo aan sommigewerknemers van die afdeling vir vullisverwydering gemaak is.
Die betalings is tussen Oktober 2021 en Maart 2022 gedoen. Die voormalige hoof van dié afdeling binne die Metro, Solly More, sê hy het reeds voorheen self ʼn ondersoek hierna aangevra. Sy dienskontrak het op 31 Maart vanjaar verval.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Mangaung-burgemeester Maandag in hof



