Die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) Shamila Batohi het grootvervolgings in die volgende ses maande belowe.
Batohi sê daar is ‘n dringendebehoefte om die oppergesag van die reg in die land te herstel.
Die NVG het onderskoot gekom omdat hulle versuim het om diegene wat by staatskaping betrokke is, tevervolg.
Batohi erken daar is ‘n gebrek aan vordering in die vervolgings en hullebeoog om dit in die komende maande reg te stel.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Amptelike petrolprys vir April



