Mangaung-burgemeester Maandag in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Die burgemeester van die Mangaung-metro, Mxolisi Siyonzana, wend hom Maandag tot die Vrystaatse hooggergeshof om die waarnemende munispale bestuurder te verbied om enige pligte in dié amp uit te voer.

Hierbenewens berig Netwerk24 dat Siyonzana die hof in ‘n dringende aansoek vra om Mzingisi Gratitude Nkungwana te verbied om die Bram Fischer-gebou binne te gaan en enige persoonlike items te verwyder.

Siyonzana vra ook dat Nkungwana verbied word om enige pligte as munisipale of waarmenede munisipale bestuurder uit te voer. ’n Dringende aansoek deur Nkungwana om ‘n raadvergadering stop te sit waarop ‘n nuwe munisipale bestuurder glo verkies sou word, is Dinsdag in die hooggeregshof in Bloemfontein van die rol geskrap.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Die R98 miljoen wat die Mangaung-metro moes oorbetaal is steeds agterstallig