Die R98 miljoen wat die Mangaung-metro moes oorbetaal is steeds agterstallig

Deel hierdie storie / Share this story

Die R98 miljoen wat die Mangaung-metro verlede Vrydag aan Bloemwater moes oorbetaal is steeds agterstallig, omdat daar nie nou ‘n waarnemende munisipale bestuurder is wat die betaling kan afteken nie.

Netwerk24 berig dr. Limakatso Moorosi, uitvoerende hoof van Bloemwater, het by navraag dié mededeling van DA-raadslid, Rossouw Botes, bevestig.

Verder het Sabata Mofokeng, finansiële hoof van die metro, ook bevestig daar is nie ‘n munisipale bestuurder wat daarvoor kan teken nie. Mofokeng het gesê hy het net regte om vir tot R5 miljoen te teken.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Gesloer met die openbare vervoernetwerk se BRT-projek in Mangaung is ‘n skande – Fikile Mbalula