Gesloer met die openbare vervoernetwerk se BRT-projek in Mangaung is ‘n skande – Fikile Mbalula

Deel hierdie storie / Share this story

Die Minister van Vervoer, Fikile Mbalula het gesê die gesloer met die openbare vervoernetwerk se BRT-projek in Mangaung in die Vrystaat, is ‘n skande.

Dié projek wat ook as die Hauweng BRT-projek bekendstaan het weens bewerings van korrupsie nog geen vrugte afgewerp nie.

Mbalula het lede van die vervoersektor op die vooraand van die Presidensiële Imbizo wat hierdie naweek in Bloemfontein plaasvind, toegespreek.

Hy het gesê mense wat ten tyde van die projek hulself aan korrupsie skuldig gemaak het sal die gevolge daarvoor moet dra.

Nagenoeg twee miljard rand is vir dié projek beskikbaar gestel.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Bejaarde (73) Donderdag oorlede na aanval