Bejaarde (73) Donderdag oorlede na aanval

Deel hierdie storie / Share this story

Die drie-en-sewentig-jarige Ando Swanepoel wat Saterdagaand saam met sy vrou Magda by hul huis in Roodewal by Bloemfontein aangeval is, het Donderdagmiddag aan sy beserings beswyk.

Herman Lombaard van National Crime Assist het gesê dit is met leedwese dat hulle van Swanepoel se afsterwe verneem het. Lombaard het voorts diegene wat Saterdagaand op die toneel was en die egpaar met deernis bygestaan het vir hul werk geloof.

Die Navalsig-polisiekantoor het ‘n reuse soektog na ‘n onbekende aantal verdagtes van stapel gestuur. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Het jy geweet jy kan jou oogtoets aanlyn bespreek?