Die Cape of Good Hope DBV bied ’n beloning van R5 000 aan vir enigiemand wat met inligting na vore kan kom oor ’n man wat op film vasgelê is terwyl hy ’n bok seksueel mishandel het.
Volgens die DBV is die saak onmiddellik aan hulle gerapporteer toe die bok se eienaars besef het wat gebeur het.
Jaco Pieterse, woordvoerder vir die DBV, het in ’n onderhoud aan News24 gesê die DBV is in besit van die videomateriaal van die voorval en probeer nou om die skuldige vas te trek.
Die skuldige het glo oor ’n hek gespring en Pieterse beskryf dit wat gebeur het as “sadisties, hartseer en te verskriklik om te beskryf”.
Die bok is die dag van die voorval na die DBV gebring vir die nodige behandeling. – News24, Cape of Good Hope SPCA



