Johan Pretorius, DA-koukusleier, sê diegene wat die Mangaung-metro-staatskas geplunder het moet strafregtelik vervolg word

Deel hierdie storie / Share this story

Johan Pretorius, DA-koukusleier, het gesê diegene wat die Mangaung-metro se staatskas geplunder het, moet strafregtelik vervolg word, en diegene wat nie die vaardighede vir die werk wat hulle by die metro moet doen het nie, moet gaan.

Dít volg nadat die sukkelende Mangaung-metro onder nasionale administrasie geplaas is. President Cyril Ramaphosa en sy kabinet het hierdie ingryping Donderdag bekend gemaak.

Lede van opposisiepartye is verheug oor die besluit. Die VF Plus en die EFF het gesê ook hulle is tevrede met hierdie stap. Die VF Plus het gesê hy is versigtig optimisties, terwyl die EFF gesê het die metro is waar hy is weens binnegevegte van ANC-lede wat net in die beursie van die staatskas belangstel.

Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.

Lees ook: Gesloer met die openbare vervoernetwerk se BRT-projek in Mangaung is ‘n skande – Fikile Mbalula