Die minister van Toerisme, Lindiwe Sisulu, vergader Vrydag met verskillende belangegroepe in die toerisme-sektor in die Vrystaat.
Die vergadering sal handel oor die implementering van die toerismesektorherstelplan na die opheffing van die nasionale ramptoestand. Dit sal ook plaasvind voor hul deelname aan die tweede Distrikontwikkelingsmodel Presidensiële Imbizo in Bloemfontein.
Hierdie deelname sal belanghebbendes ‘n geleentheid gee om van aangesig tot aangesig met regeringsamptenare in gesprek te tree oor ekonomiese groei en struikelblokke wat vordering in die provinsie belemmer.
Dié berig is deur Rosestad 100.6FM verskaf.
Lees ook: Die R98 miljoen wat die Mangaung-metro moes oorbetaal is steed agterstallig



