Werknemers in die busbedryf beplan glo stakings

Deel hierdie storie / Share this story

Werknemers in die busbedryf gaan na verwagting volgende week begin staak, wat duisende pendelaars oor die Paasnaweek gestrand kan laat.

RSG berig dit volg nadat die metaalwerkersvakbond, NUMSA, weereens nie ‘n ooreenkoms met die Bedingingsraad vir Padpassasiers oor ‘n loonverhoging kon bereik nie.

Die vakbond se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond eis ‘n salaris van R12 000 vir die laagsbesoldigde werkers wat tans R7 800 rand per maand verdien, asook ‘n mediese fonds, behuisingstoelaag, nagskoftoelaag en minder oortydwerk vir sy lede.

Hierdie nuus is deur Rosestad 100.6FM aan jou gebring.