VIDEO’S: Swaar reën verwoes paaie, geboue, huise

Deel hierdie storie / Share this story

Die oorstromings en swaar reën van die naweek in KwaZulu-Natal het tot dusver baie geboue, motors en inwoners se wonings vernietig. Inwoners wat in laagliggende gebiede woon, vlug ook om ‘n veilige skuilplek teen die water te kry.

Organisasies soos die DBV het ook vandag aangekondig dat hulle deure gesluit is en dat hulle hulp nodig het in die vorm van droë kos en komberse vir diere.

Rampbestuur in die provinsie het Sondag begin reageer op die modderstortings en vernielde geboue en paaie.